1 Avraham het daarvandaan weggetrek na die Negev en gaan bly tussen Kadesh en Shur en as besoeker in G’rar gebly.
2 Avraham het van Sarah, sy vrou, gesê: “Sy is my suster.” Avimelekh, die koning van G’rar, het Sarah laat haal.
3 God het egter in die nag by Avimelekh gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Let op, jy is dood as gevolg van die vrou wat jy gevat het, want sy is ’n getroude vrou.”
4 Avimelekh het egter nog nie naby haar gekom nie en hy vra: “יהוה, sal U ’n opregte en onskuldige nasie ook doodmaak?
5 Het hy nie self vir my gesê: ‘Sy is my suster’ nie en het sy nie self ook gesê: ‘Hy is my broer’ nie? In die onskuld van my verstand en begrip en in die reinheid van my hande het ek hierdie ding gedoen.”
6 God het vir hom in die droom gesê: “Ja, Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou verstand en begrip gedoen het en Ekself het jou daarvan weerhou om nie teen My te sondig nie; daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.