13 Toe dit gebeur het dat God my uit die huis van my vader laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: ‘Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys: op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: “Hy is my broer”’.”
14 Toe neem Avimelekh kleinvee, beeste, slawe en slavinne en gee dit vir Avraham. Hy het ook sy vrou, Sarah, aan hom teruggegee.
15 Avimelekh sê: “Let op my land lê voor jou oop, bly net waar dit goed is in jou oë.”
16 Vir Sarah sê hy: “Let op, ek gee vir jou broer ’n duisend stukke silwer. Let op, dit is omdat jy verneder is in die oë van my mense en vir die ander dinge waaroor ek jou tereggewys het.”
17 Toe het Avraham tot God gebid en God het Avimelekh gesond gemaak, asook sy vrou en sy slavinne sodat hulle geboorte kon gee,
18 want יהוה het elke baarmoeder van die huis van Avimelekh heeltemal toegesluit ter wille van Sarah, die vrou van Avraham.