1 יהוה het Sarah besoek soos Hy beloof het en יהוה het aan Sarah gedoen soos Hy gesê het:
2 Sarah het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun vir Avraham, in sy hoë ouderdom, op die bepaalde tyd wat God vir hom gesê het.
3 Avraham het sy seun wat vir hom gebore is, aan wie Sarah vir hom geboorte gegee het, Yitz’gak genoem.
4 Avraham het sy seun Yitz’gak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel hetYog 7:22
5 en Avraham was honderd jaar oud toe sy seun Yitz’gak vir hom gebore is.
6 Sarah het gesê: “’n Vreugde het God vir my gemaak; elkeen wat dit hoor, sal saam met my verheug wees.”
7 Sy het ook gesê: “Wie kon vir Avraham gesê het dat Sarah kinders sal borsvoed, want ek het vir hom in sy oudag geboorte gegee aan ’n seun.”