13 Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n groot nasie maak omdat hy jou kind is.”
14 Avraham het die oggend vroeg opgestaan en hy het brood en ’n velsak met water gevat en dit vir Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, asook die seun en haar weggestuur. Sy het weggegaan en rondgedwaal in die wildernis van Be’er-Sh’va.
15 Toe die water in die velsak op was, het sy die seun onder een van die bosse ingegooi
16 en weggeloop en op ’n afstand gaan sit, so ver as ’n boog kan skiet, want sy het gesê: “Ek wil die dood van die seun nie sien nie.” Sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem opgelig en gehuil.
17 יהוה het die stem van die seun gehoor en die boodskapper van God het na Hagar uitgeroep uit die hemele en haar gevra: “Wat is dit met jou, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
18 Staan op, tel die seun op en ondersteun hom met jou hand, want Ek sal van hom ’n groot nasie maak.”
19 God het haar oë oopgemaak en sy het ’n put met water gesien en sy het geloop en die velsak vol water gemaak en die seun laat drink.