23 Sweer daarom nou vir my hier by God dat jy met my, my kinders en met my nageslag nie vals sal optree nie. Dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as gas bly.”
24 Avraham antwoord: “Ek sal sweer.”
25 Avraham het Avimelekh egter aangespreek oor ’n put wat die diensknegte van Avimelekh met geweld gevat het.
26 Avimelekh antwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie, jy het dit ook nie vir my gesê nie en ek het ook niks daarvan gehoor nie, behalwe vandag.”
27 Toe vat Avraham kleinvee en beeste en gee dit vir Avimelekh en hulle twee het ’n verbond gesluit.
28 Avraham het sewe ooilammers uit die kleinvee eenkant afgesonder.
29 Avimelekh sê vir Avraham: “Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy afgesonder het?”