1 Ná hierdie dinge het God Avraham getoets en vir hom gesê: “Avraham!” Hy antwoord: “Hier is ek!”
2 Hy sê: “Neem nou jou seun, jou uniek enigste wat jy liefhet, Yitz’gak en gaan na die land Moriyah en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek vir jou sal uitwys.”
3 Avraham het die oggend vroeg opgestaan, sy donkie opgesaal en twee van sy jong diensknegte en sy seun Yitz’gak saam met hom gevat. Hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom uitgewys het.
4 Op die derde dag slaan Avraham sy oë op en sien die plek van ver af