26 Die man buig sy kop af en gaan lê plat op die grond voor יהוה
27 en hy sê: “Geseënd is יהוה, die God van Avraham, my meester, wat Sy omgee en Sy waarheid nie aan my meester teruggehou het nie. Wat my betref, יהוה het my op die pad gelei na die huis van die broer van my meester.”
28 Die dogter het gehardloop en hierdie dinge in die huis van haar moeder gaan vertel.
29 Rivkah het ’n broer gehad met die naam van Lavan en Lavan het uitgehardloop na die man buite by die fontein.
30 Dit het gebeur toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rivkah hoor, naamlik: ‘So het die man met my gepraat,’ dat hy na die man gegaan het terwyl hy nog daar by die kamele by die fontein gestaan het
31 en gesê: “Kom in, geseënde van יהוה! Waarom staan jy buitekant? Ek het die huis voorberei en ook plek vir die kamele.”
32 Die man het in die huis ingekom; die kamele is afgesaal en strooi en voer gegee en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.