63 Yitz’gak het teen sonsondergang in die veld uitgegaan om te oordink en hy het sy oë opgeslaan en let op, daar kom kamele.
64 Rivkah het ook haar oë opgeslaan en Yitz’gak gesien en van haar kameel afgegly,
65 want sy het aan haar dienskneg gevra: “Watter man is dit wat ons in die veld tegemoet loop?” Die dienskneg antwoord: “Dit is my meester.” Toe neem sy ’n sluier en maak haarself toe.
66 Die dienskneg het vir Yitz’gak alles vertel wat hy gedoen het.
67 Yitz’gak het haar in die tent van sy moeder, Sarah, ingebring en Rivkah gevat en sy het sy vrou geword en hy het haar liefgehad. Só is Yitz’gak vertroos ná die dood van sy moeder.