18 Hulle het gaan bly vanaf Havilah tot by Shur wat oos van Mitzrayim lê, in die rigting van Ashur. Hy het naby al sy broers gaan bly.
19 Dit is die geskiedenis van Yitz’gak, die seun van Avraham: Avraham was die vader van Yitz’gak
20 en Yitz’gak was veertig jaar oud toe hy Rivkah, die dogter van B’tu’el, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Lavan, die Arameër, vir hom as vrou gevat het.
21 Yitz’gak het gebid tot יהוה namens sy vrou, want sy was onvrugbaar en יהוה het sy gebed verhoor sodat sy vrou Rivkah swanger geword het.
22 Die seuns het teen mekaar baklei binne-in haar. Toe sê sy: “As dit reg is so, hoekom leef ek?” Sy het gegaan om van יהוה te vra
23 en יהוה het haar geantwoord: “Twee nasies is in jou baarmoeder en twee volke sal geskei word vanuit jou liggaam en die een volk sal sterker wees as die ander volk en die oudste sal die jongste dien.”Rom 9:12
24 Let op, toe haar dae volledig was dat sy moes geboorte gee, was daar ’n tweeling in haar baarmoeder.