27 Die seuns het opgegroei: `Esav was ’n ervare jagter, ’n man van die veld, maar Ya’akov was ’n sagte, vredevolle man wat in tente gebly het.
28 Yitz’gak het `Esav liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak, maar Rivkah het Ya’akov liefgehad.
29 Ya’akov het ’n kooksel voorberei en `Esav het moeg uit die veld gekom.
30 `Esav sê vir Ya’akov: “Laat my asseblief van die rooi goed afsluk, want ek is moeg.” Hulle het hom Edom genoem.
31 Ya’akov antwoord: “Verkoop vandag jou eersgeboortereg aan my.”
32 `Esav sê: “Let op, ek gaan dood en wat sal die eersgeboortereg dan vir my beteken?”
33 Ya’akov antwoord: “Sweer eers vir my” en hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Ya’akov verkoop.