3 Yokshan was die vader van Sh’va en D’dan en die seuns van D’dan was die Ashuriete, L’tushiete en L’umiete.
4 Die seuns van Midyan was: `Eifah, `Efer, Hanokh, Avida en Elda’ah. Hulle almal was seuns van K’turah.
5 Avraham het alles wat hy besit het aan Yitz’gak gegee,
6 maar aan die seuns van die byvroue van Avraham het Avraham geskenke gegee en terwyl hy nog lewe het hy hulle van sy seun Yitz’gak af ooswaarts laat wegtrek, na Kedem.
7 Hierdie is die dae van die lewensjare van Avraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.
8 Avraham het die asem uitgeblaas en is dood in ’n goeie ouderdom, ’n ou man vol van jare en hy is by sy volksgenote versamel.
9 Sy seuns Yitz’gak en Yishma’el het hom begrawe in die grot van Makhpelah, in die veld van `Efron, die seun van Tzogar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,