9 Sy seuns Yitz’gak en Yishma’el het hom begrawe in die grot van Makhpelah, in die veld van `Efron, die seun van Tzogar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
10 die veld wat Avraham van die seuns van Het gekoop het. Avraham is daar begrawe saam met sy vrou Sarah.
11 Ná die dood van Avraham het God sy seun Yitz’gak geseën en Yitz’gak het by Be’er-Lagai-Ro’i gebly.
12 Dit is die stamboom van Yishma’el, die seun van Avraham, wat vir Avraham by Hagar, die Mitzrayitiese slavin van Sarah, gebore is.
13 Dit is die name van die seuns van Yishma’el, hulle name volgens hulle geboorte: die eersgeborene van Yishma’el, N’vayot; dan Kedar, Adbe’el, Mivsam,
14 Mishma, Dumah, Massa,
15 Hadad, Teima, Y’tur, Nafish en Kedmah.