1 Yitz’gak het Ya’akov geroep en hom geseën en hy het hom bevel gegee en gesê: “Jy mag nie ’n vrou vat uit die dogters van Kena’an nie.Eks 34:16; Deut 7:3; Neg 10:30
2 Staan op, gaan na Paddan-Aram, na die huis van B’tu’el, jou moeder se vader en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Lavan, jou moeder se broer.
3 Mag El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) jou seën, jou vrugbaar maak en jou vermeerder sodat jy ’n menigte van volke mag word
4 en mag Hy jou die seën van Avraham gee, aan jou en jou nageslag saam met jou sodat jy die land waarin jy ’n besoeker is in besit kan neem, wat God aan Avraham gegee het.”
5 Yitz’gak het Ya’akov so weggestuur en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Lavan, die seun van B’tu’el, die Arameër, die broer van Rivkah, die moeder van Ya’akov en `Esav.
6 Toe `Esav sien dat Yitz’gak Ya’akov geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal en terwyl hy hom geseën het aan hom bevel gegee en gesê het: ‘Jy mag nie ’n vrou uit die dogters van Kena’an vat nie’