13 Let op, יהוה het bo-aan dit gestaan en gesê: “Ek is יהוה, die God van jou vader Avraham en die God van Yitz’gak. Die land waarop jy lê, gee Ek aan jou en aan jou nageslag
14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde en jy sal uitbrei na die weste en die ooste en na die noorde en die suide en in jou en jou Saad sal al die families van die aarde geseën wees.Gen 12:2-3; Gen 22:18; Gen 26:4
15 Let op, Ek is by jou en Ek sal jou beskerm oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land, want Ek sal jou nie verlaat nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou gesê het.”
16 Ya’akov word uit sy slaap wakker en sê: “Waarlik, יהוה is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie.”
17 Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreeslik is hierdie plek! Hierdie is niks anders as ’n huis van God nie en hierdie is die hek van die hemel.”
18 Ya’akov het vroeg die oggend opgestaan, die klip gevat wat hy onder sy kop gesit het, dit opgerig as ’n pilaar en olie daaroor uitgegooi.
19 Hy het die plek Beit-El genoem, maar die naam van die stad was tevore Luz.