16 Ya’akov word uit sy slaap wakker en sê: “Waarlik, יהוה is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie.”
17 Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreeslik is hierdie plek! Hierdie is niks anders as ’n huis van God nie en hierdie is die hek van die hemel.”
18 Ya’akov het vroeg die oggend opgestaan, die klip gevat wat hy onder sy kop gesit het, dit opgerig as ’n pilaar en olie daaroor uitgegooi.
19 Hy het die plek Beit-El genoem, maar die naam van die stad was tevore Luz.
20 Ya’akov het ’n belofte gemaak en gesê: “As God by my sal wees om my te beskerm op hierdie pad wat ek gaan en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek
21 en ek in vrede na die huis van my vader sal terugkom, dan sal יהוה my God wees
22 en hierdie klip wat ek as pilaar opgerig het, sal ’n huis van God wees en van alles wat U my gee, sal ek ’n tiende as tiende aan U gee.”