8 toe `Esav sien dat die dogters van Kena’an boos was in die oë van sy vader Yitz’gak,
9 het `Esav na Yishma’el gegaan en Magalat, die suster van N’vayot en die dogter van Yishma’el, die seun van Avraham, by die vroue wat hy het vir hom as vrou gevat.
10 Ya’akov het uit Be’er-Sh’va vertrek in die rigting van Haran.
11 Hy het by ’n sekere plek gekom waar hy oornag het, want die son was al onder en hy vat een van die klippe van daardie plek en sit dit onder sy kop en hy gaan lê op dié plek en slaap.
12 Hy het gedroom: let op, ’n leer is op die aarde opgestel waarvan die punt tot by die hemele kom en let op, die engele van God gaan daarmee op en af.Yog 1:51
13 Let op, יהוה het bo-aan dit gestaan en gesê: “Ek is יהוה, die God van jou vader Avraham en die God van Yitz’gak. Die land waarop jy lê, gee Ek aan jou en aan jou nageslag
14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde en jy sal uitbrei na die weste en die ooste en na die noorde en die suide en in jou en jou Saad sal al die families van die aarde geseën wees.Gen 12:2-3; Gen 22:18; Gen 26:4