1 Hy het die woorde van die seuns van Lavan gehoor dat hulle sê: “Ya’akov het alles weggevat wat ons vader s’n was en uit wat ons vader s’n was, het hy al hierdie rykdom verkry.”
2 Ya’akov het ook die gesig van Lavan gesien en let op, dit was nie meer soos gister en eergister nie.
3 יהוה het vir Ya’akov gesê: “Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie en Ek sal by jou wees.”
4 Ya’akov stuur toe en laat Ragel en Le’ah veld toe roep na sy trop toe
5 en sê vir hulle: “Ek sien dat die gesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was by my.
6 Julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het,
7 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander, maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.