12 Hy sê: ‘Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Lavan aan jou doen.
13 Ek is die God van Beit-El waar jy die pilaar gesalf het, waar jy ’n eed aan My beloof het. Staan nou op, gaan weg uit hierdie land uit en gaan terug na die land van jou geboorte’.”
14 Ragel en Le’ah antwoord en sê vir hom: “Is daar nog ’n deel of erfenis vir ons in die huis van ons vader?
15 Word ons nie as vreemdelinge deur hom gesien nie? Hy het ons verkoop en ons geld opgeëet en verteer,
16 want al hierdie rykdom wat God van ons vader weggevat het, is ons en ons seuns s’n. Doen dan nou wat ook al God vir u gesê het om te doen.”
17 Toe staan Ya’akov op en laai sy kinders en sy vroue op die kamele
18 en hy voer al sy vee weg en al sy besittings wat hy bymekaar gemaak het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram bymekaar gemaak het, om na sy vader Yitz’gak in die land Kena’an te gaan.