18 en hy voer al sy vee weg en al sy besittings wat hy bymekaar gemaak het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram bymekaar gemaak het, om na sy vader Yitz’gak in die land Kena’an te gaan.
19 Lavan het gegaan om sy trop te skeer en Ragel het haar vader se familie-afgodsbeelde gesteel.
20 Ya’akov het Lavan, die Arameër, mislei deurdat hy weggesluip het sonder om hom te vertel dat hy wou weggaan.
21 So het hy dan weggegaan met alles wat hy besit het. Hy het opgestaan en oor die rivier gegaan en sy gesig gedraai na die gebergte van Gil’ad.
22 Op die derde dag is Lavan vertel dat Ya’akov gevlug het.
23 Hy het sy broers saam met hom gevat en hom vir sewe dae agternagejaag en hom ingehaal in die gebergte van Gil’ad.
24 God het na Lavan, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Pas op dat jy nie met Ya’akov goed of kwaad praat nie.”