22 Op die derde dag is Lavan vertel dat Ya’akov gevlug het.
23 Hy het sy broers saam met hom gevat en hom vir sewe dae agternagejaag en hom ingehaal in die gebergte van Gil’ad.
24 God het na Lavan, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Pas op dat jy nie met Ya’akov goed of kwaad praat nie.”
25 Lavan het Ya’akov ingehaal. Ya’akov het al sy tent opgeslaan in die gebergte en Lavan, saam met sy broers, het in die gebergte van Gil’ad kamp opgeslaan.
26 Lavan sê vir Ya’akov: “Wat het jy gedoen dat jy skelm weggesluip het en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?
27 Waarom het jy in die geheim en skelm van my af weggegaan en my nie vertel nie sodat ek jou met oorweldigende blydskap, met ‘n lied, met tamboeryn en harp kon wegstuur?
28 Jy het my ook nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy daardeur dwaas opgetree.