31 Ya’akov antwoord en sê vir Lavan: “Ek was bang, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my af wegvat.
32 By wie u ook al u gode vind, laat hom nie lewe nie! Onderskei wat van u by my is, in die teenwoordigheid van ons broers en vat dit saam.” Ya’akov het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
33 Lavan het in die tent van Ya’akov, van Le’ah en van die twee slavinne ingegaan, maar hy het niks gekry nie. Toe het hy uit die tent van Le’ah uitgegaan en in die tent van Ragel gekom.
34 Ragel het die familie afgode gevat en dit in die kameelsaal gesit en daarop gaan sit. Lavan het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.
35 Sy sê vir haar vader: “Laat dit nie brand in my meester se oë (ontevrede wees) omdat ek nie vir u kan opstaan nie, want dit gaan met my volgens die pad van vroue.” Hy het gesoek, maar die familie afgode nie gekry nie.
36 Ya’akov was woedend en hy het met Lavan gestry en Ya’akov antwoord vir Lavan en sê: “Wat is my oortreding, wat is my sonde dat u my so vuriglik agtervolg het?
37 Noudat u al my goed deursoek het; wat het u van al u huisware gevind? Sit dit hier voor my broers en u broers neer en laat hulle oordeel tussen ons twee.