40 Daar was ek, bedags deur die hitte verteer en snags deur die koue en my slaap het gevlug van my oë.
41 So was ek in u huis vir twintig jaar; ek het u veertien jaar gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee en u het my loon tien maal verander.
42 As die God van my vader, die God van Avraham en die Vrees van Yitz’gak, nie by my was nie sou u my sekerlik nou met leë hande weggestuur het. God het my swaarkry en die moeitevolle werk van my hande gesien en u verlede nag bestraf.”
43 Lavan antwoord en sê vir Ya’akov: “Hierdie dogters is my dogters en hierdie seuns is my seuns en hierdie troppe is my troppe, alles wat jy sien, is myne, maar wat sal ek my dogters vandag kan aandoen of aan hulle seuns waaraan hulle geboorte gegee het?
44 Kom daarom nou, laat ek en jy ’n verbond sluit sodat dit ’n getuienis kan wees tussen my en jou.”
45 Daarop het Ya’akov ’n klip gevat en dit as ’n monument opgerig.
46 Ya’akov het aan sy familie gesê: “Maak klippe bymekaar” en hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar, op die hoop, geëet.