46 Ya’akov het aan sy familie gesê: “Maak klippe bymekaar” en hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar, op die hoop, geëet.
47 Lavan het dit Y’gar-Sahaduta genoem, maar Ya’akov het dit Gal-`Ed genoem.
48 Lavan het gesê: “Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou.” Hulle het dit daarom Gal-`Ed genoem,
49 asook HaMitzpah, want hy het gesê: “Mag יהוה wag hou tussen my en jou as ons weg is van mekaar.
50 As jy my dogters laat swaarkry en as jy ander vroue neem behalwe my dogters, dan, al is geen mens by ons nie, let op, God is getuie tussen my en jou.”
51 Lavan sê ook vir Ya’akov: “Let op, die hoop en die monument wat ek tussen my en jou opgerig het;
52 hierdie hoop is getuie en die monument is getuienis dat ék nie na jou kant toe verby hierdie hoop sal trek nie en dat jy nie na my kant toe verby hierdie hoop en hierdie monument sal trek met boosheid nie.