50 As jy my dogters laat swaarkry en as jy ander vroue neem behalwe my dogters, dan, al is geen mens by ons nie, let op, God is getuie tussen my en jou.”
51 Lavan sê ook vir Ya’akov: “Let op, die hoop en die monument wat ek tussen my en jou opgerig het;
52 hierdie hoop is getuie en die monument is getuienis dat ék nie na jou kant toe verby hierdie hoop sal trek nie en dat jy nie na my kant toe verby hierdie hoop en hierdie monument sal trek met boosheid nie.
53 Die God van Avraham, die God van Nagor en die God van hulle vader, sal Regter wees tussen ons.” Ya’akov het gesweer by die Respekvolle Vrees van sy vader Yitz’gak.
54 Ya’akov het ’n offer op die berg geslag en sy broers genooi om brood te eet. Hulle het brood geëet en die hele nag op die berg gebly.
55 Lavan het die oggend vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Lavan het vertrek en teruggegaan na sy plek.