21 So het die geskenk voor hom uitgegaan, maar hy self het dié nag in die kamp gebly.
22 Hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue, sy twee slavinne en sy elf seuns gevat en deur die drif van die Yabbok getrek.
23 Hy het hulle gevat en hulle oor die stroompie laat gaan, asook wat aan hom behoort oorgestuur,
24 maar Ya’akov het alleen agtergebly en ’n Man het met hom gestoei tot dagbreek toe.
25 Toe Hy sien dat Hy hom nie kon wen nie, slaan Hy hom op sy heupbeen sodat die heupbeen van Ya’akov uit lit geraak het soos hy met Hom gestoei het.
26 Hy sê: “Laat My gaan, want die dag het gebreek.” Hy antwoord: “Ek sal U nie laat gaan nie, tensy U my seën.”
27 Hy vra hom: “Wat is jou naam?” Hy antwoord: “Ya’akov.”