8 want hy het gedink: “As `Esav by die een groep kom en dit verslaan, sal die groep wat oorbly, ontsnap.”
9 Ya’akov het gebid en gesê: “O God van my vader Avraham en God van my vader Yitz’gak, יהוה, wat my beveel het: gaan terug na jou land en na jou familie en Ek sal aan jou goed doen;
10 ek is nie al die guns en al die getrouheid wat U aan u dienskneg bewys het waardig nie, want ek het met my staf oor hierdie Yarden getrek en nou het ek twee groepe geword.
11 Red my asseblief uit die hand van my broer, uit die hand van `Esav, want ek is bang vir hom dat hy sal kom en my doodslaan, die moeders saam met die seuns.
12 U het tog self gesê: ‘Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte daarvan nie getel kan word nie.’”
13 Hy het die nag daar oorgebly en van wat in sy hand gekom het as ’n geskenk gevat vir sy broer `Esav:
14 twee honderd bokooie en twintig bokramme, twee honderd skaapooie en twintig ramme,