1 Dinah, die dogter van Le’ah, wat vir Ya’akov gebore is, het uitgegaan om die dogters van die land te sien.
2 Toe Sh’khem, die seun van Hamor, die Heviet, die heerser van die land, haar sien, het hy haar gegryp en by haar gelê en haar onteer.
3 Sy wil, verstand, liggaam en gees het geheg geraak aan Dinah, die dogter van Ya’akov en hy het die meisie liefgehad en sag met die meisie gepraat.
4 Sh’khem het ook met sy vader Hamor gepraat en gesê: “Kry hierdie meisie vir my as vrou.”
5 Ya’akov het gehoor dat sy dogter Dinah onteer is. Sy seuns was by sy vee in die veld en Ya’akov het stilgebly totdat hulle gekom het.