15 Op hierdie voorwaarde alleen kan ons inwillig: as julle word soos ons is deurdat almal van julle wat manlik is, besny word.
16 Ons sal dan ons dogters aan julle gee en ons sal julle dogters vir ons vat en ons sal by julle bly en een volk word,
17 maar as julle nie na ons luister en besny word nie, dan vat ons ons dogter en gaan weg.”
18 Hulle woorde was goed in die oë van Hamor en van Sh’khem, die seun van Hamor.
19 Die jongman het nie uitgestel om dit te doen nie, want hy het vreugde gevind in die dogter van Ya’akov en hy was die mees eerbare in die hele huis van sy vader.
20 Hamor en sy seun Sh’khem gaan na die poort van hulle stad en praat met die manne van hulle stad en sê:
21 “Hierdie manne is vredevol teenoor ons; daarom, laat hulle in die land bly en daarin handel dryf: die land lê mos breed oop voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue vat en ons sal ons dogters vir hulle gee,