17 maar as julle nie na ons luister en besny word nie, dan vat ons ons dogter en gaan weg.”
18 Hulle woorde was goed in die oë van Hamor en van Sh’khem, die seun van Hamor.
19 Die jongman het nie uitgestel om dit te doen nie, want hy het vreugde gevind in die dogter van Ya’akov en hy was die mees eerbare in die hele huis van sy vader.
20 Hamor en sy seun Sh’khem gaan na die poort van hulle stad en praat met die manne van hulle stad en sê:
21 “Hierdie manne is vredevol teenoor ons; daarom, laat hulle in die land bly en daarin handel dryf: die land lê mos breed oop voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue vat en ons sal ons dogters vir hulle gee,
22 maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te bly, om een volk te wees: as alle mans by ons, besny word soos hulle besny is.
23 Sal hulle vee, hulle besittings en al hulle diere nie ons s’n wees nie? Laat ons net instem sodat hulle by ons kan bly.”