20 Hamor en sy seun Sh’khem gaan na die poort van hulle stad en praat met die manne van hulle stad en sê:
21 “Hierdie manne is vredevol teenoor ons; daarom, laat hulle in die land bly en daarin handel dryf: die land lê mos breed oop voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue vat en ons sal ons dogters vir hulle gee,
22 maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te bly, om een volk te wees: as alle mans by ons, besny word soos hulle besny is.
23 Sal hulle vee, hulle besittings en al hulle diere nie ons s’n wees nie? Laat ons net instem sodat hulle by ons kan bly.”
24 Hulle het na Hamor en na sy seun Sh’khem geluister, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het en almal wat manlik was, wat uit sy stadspoort uitgegaan het, is besny.
25 Dit het so gebeur dat op die derde dag, toe hulle in pyn was, twee van die seuns van Ya’akov, Shim’on en Levi, broers van Dinah, elkeen sy swaard gevat, die stad stilweg ingegaan en al die mans doodgeslaan het.
26 Hulle slaan ook vir Hamor en sy seun Sh’khem met die skerpte van die swaard dood, vat Dinah uit die huis van Sh’khem en gaan uit.