28 Hulle het hulle kleinvee, hulle beeste en hulle esels, wat ook al in die stad en in die veld was, weggevat.
29 Al hulle besittings, al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes en as buit weggevoer en ook alles wat in die huise was.
30 Ya’akov sê vir Shim’on en Levi: “Julle het vir my moeilikheid gemaak deurdat julle my verwerplik gemaak het by die inwoners van die land, die Kena’aniete en P’risiete. Omdat ek min is, sal hulle saamkom teen my, my doodmaak en vernietig, my en my huis.”
31 Hulle antwoord: “Moes hy ons suster as ’n hoer behandel!”