6 Hamor, die vader van Sh’khem, het uitgegaan na Ya’akov om met hom te praat.
7 Die seuns van Ya’akov het uit die veld gekom toe hulle dit hoor en die manne was gegrief en uitermate woedend omdat hy ’n skandelike daad in Yisra’el begaan het, deur by die dogter van Ya’akov te lê: ’n ding wat nie gedoen moes word nie.
8 Hamor praat met hulle en sê: “Die wil, verstand, liggaam en gees van my seun Sh’khem verlang na julle dogter: gee haar asseblief vir hom as vrou
9 en tree in huwelike met ons: gee vir ons julle dogters en vat vir julle ons dogters.
10 Bly by ons en die land lê voor julle oop; bly en dryf handel en verkry besittings daarin.”
11 Sh’khem sê ook vir haar vader en broers: “Laat my guns vind in julle oë en wat julle van my vra, sal ek gee.
12 Vra my enige grootte bruidskat en geskenk en ek sal gee volgens wat julle aan my sê, maar gee vir my die meisie as vrou.”