9 en tree in huwelike met ons: gee vir ons julle dogters en vat vir julle ons dogters.
10 Bly by ons en die land lê voor julle oop; bly en dryf handel en verkry besittings daarin.”
11 Sh’khem sê ook vir haar vader en broers: “Laat my guns vind in julle oë en wat julle van my vra, sal ek gee.
12 Vra my enige grootte bruidskat en geskenk en ek sal gee volgens wat julle aan my sê, maar gee vir my die meisie as vrou.”
13 Die seuns van Ya’akov antwoord vir Sh’khem en Hamor, sy vader en praat met misleiding omdat hy hulle suster Dinah onteer het
14 en sê vir hulle: “Ons kan hierdie ding nie doen om ons suster aan ’n man te gee wat onbesnede is nie, want dit sou ’n skande vir ons wees.
15 Op hierdie voorwaarde alleen kan ons inwillig: as julle word soos ons is deurdat almal van julle wat manlik is, besny word.