22 Dit het gebeur terwyl Yisra’el in dié land bly, Re’uven gegaan en by Bilhah, sy vader se byvrou, gelê het en Yisra’el het daarvan gehoor.Gen 49:3,4; Lev 20:11 Ya’akov het twaalf seuns gehad.
23 Die seuns van Le’ah was: Re’uven, die eersgeborene van Ya’akov, daarna Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar en Z’vulun.
24 Die seuns van Ragel was: Yosef en Binyamin.
25 Die seuns van Bilhah, die slavin van Ragel, was: Dan en Naftali.
26 Die seuns van Zilpah, die slavin van Le’ah, was: Gad en Asher. Dit is die seuns van Ya’akov wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27 Ya’akov het by sy vader Yitz’gak gekom in Mamre, by Kiryat-Arba, dit is Hevron, waar Avraham en Yitz’gak as besoekers gebly het.
28 Die dae van Yitz’gak was honderd en tagtig jaar.