26 Die seuns van Zilpah, die slavin van Le’ah, was: Gad en Asher. Dit is die seuns van Ya’akov wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27 Ya’akov het by sy vader Yitz’gak gekom in Mamre, by Kiryat-Arba, dit is Hevron, waar Avraham en Yitz’gak as besoekers gebly het.
28 Die dae van Yitz’gak was honderd en tagtig jaar.
29 Yitz’gak het die asem uitgeblaas en is dood en hy is bymekaargemaak by sy volksgenote, oud en vervuld in dae en sy seuns `Esav en Ya’akov het hom begrawe.