2 Y’hudah het daar die dogter van ’n Kena’anitiese man, met die naam van Shua, gesien, haar vir hom gevat en by haar ingegaan.
3 Sy het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun en hy het hom die naam `Er gegee.
4 Sy het weer bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun en hom die naam Onan gegee.
5 Sy het weer geboorte gegee aan ’n seun en hom Shelah genoem en hy was in K’ziv Kesib toe sy aan hom geboorte gegee het.
6 Y’hudah het vir `Er, sy eersgeborene, ’n vrou gevat en haar naam was Tamar.
7 `Er, die eersgeborene van Y’hudah, was egter boos in die oë van יהוה en יהוה het hom doodgemaak.
8 Y’hudah sê vir Onan: “Gaan in by die vrou van jou broer en vervul jou plig as haar man se broer teenoor haar en voorsien vir jou broer ’n nageslag.”