12 As jy die grond omspit, sal dit nie meer sy krag aan jou oorgee nie; jy sal ’n vlugteling wees en rondswerf op die aarde.”
13 Kayin sê vir יהוה: “My sonde is te groot vir my om te dra.
14 Let op, U verdryf my nou uit die land uit en ek moet my verberg vir U Teenwoordigheid: ek sal ’n vlugteling en swerwer op die aarde wees en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.”
15 יהוה sê vir hom: “Daarom, as enigeen Kayin doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word.” יהוה het ’n merk op Kayin gesit sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
16 Kayin het weggegaan vanuit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het gebly in die land Nod, aan die oostekant van `Eden.
17 Kayin het ’n verbondsverhouding met sy vrou gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Hanokh. Hy het ook ’n stad gebou en die stad genoem na die naam van sy seun, Hanokh.
18 Vir Hanokh is `Irad gebore en `Irad was die vader van Meguya’el en Meguya’el was die vader van Metusha’el en Metusha’el die vader van Lemekh.