15 Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie weggaan tensy julle jongste broer hierheen kom nie.
16 Stuur een van julle dat hy julle broer gaan haal, maar júlle sal in die tronk bly sodat julle woorde getoets kan word, of daar enige waarheid by julle is of nie; anders, so waar as Farao leef, julle is spioene!”
17 Daarop het hy hulle almal saam vir drie dae lank in die tronk gehou.
18 Op die derde dag sê Yosef vir hulle: “Doen dit en lewe, want ek het respekvolle vrees vir God!
19 As julle eerlik is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in die tronk is, maar gaan júlle, vat die graan vir die hongersnood van julle huise
20 en bring julle jongste broer na my toe sodat julle woorde waar bewys word en julle sal nie sterwe nie. “ Hulle het so gemaak.
21 Hulle sê vir mekaar: “Ons is waarlik skuldig vanweë ons broer omdat ons die benoudheid van sy wil, emosie, verstand en lewe gesien het toe hy ons gesmeek het en ons wou nie luister nie; daarom het sy benoudheid oor ons gekom.”