19 As julle eerlik is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in die tronk is, maar gaan júlle, vat die graan vir die hongersnood van julle huise
20 en bring julle jongste broer na my toe sodat julle woorde waar bewys word en julle sal nie sterwe nie. “ Hulle het so gemaak.
21 Hulle sê vir mekaar: “Ons is waarlik skuldig vanweë ons broer omdat ons die benoudheid van sy wil, emosie, verstand en lewe gesien het toe hy ons gesmeek het en ons wou nie luister nie; daarom het sy benoudheid oor ons gekom.”
22 Re’uven antwoord hulle en sê: “Het ek nie met julle gepraat en gesê: ‘Moenie sondig teen die seun nie,’ maar julle wou nie luister nie? Let op, daarom word sy bloed nou van ons geëis.”
23 Hulle het nie geweet dat Yosef hulle verstaan nie, want hy het met hulle deur ’n tolk gepraat.
24 Hy het van hulle af weggedraai en gehuil en hy het weer na hulle teruggegaan en met hulle gepraat. Hy het Shim’on onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë vasgebind.
25 Yosef het beveel dat hulle sakke vol graan gemaak moet word, elkeen se geld weer in sy sak terug gesit word en dat vir hulle padkos vir die reis saam gegee word. Dit het hy vir hulle gedoen.