26 Hulle het die graan op hulle donkies gelaai en weggegaan.
27 Toe een van hulle sy sak oopmaak om vir sy donkie voer te gee in die herberg, sien hy sy geld en let op, dit was in die bek van sy sak!
28 Hy sê vir sy broers: “My geld is aan my teruggegee en kyk, dit is in my sak!” Hulle emosie, wil en verstand het hul begewe en hulle was bevrees en sê vir mekaar: “Wat is dit wat God aan ons gedoen het?”
29 Hulle het by hul vader Ya’akov in die land Kena’an gekom en aan hom alles vertel wat met hulle gebeur het en gesê:
30 “Die man wat die meester van die land is, het ons hard aangespreek en ons as spioene teen die land aangesien,
31 maar ons het vir hom gesê: ‘Ons is eerlik, ons is nie spioene nie.
32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is nie meer nie en die jongste is vandag by ons vader in die land Kena’an.’