32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is nie meer nie en die jongste is vandag by ons vader in die land Kena’an.’
33 Die man, die meester van die land, het aan ons gesê: ‘Hieraan sal ek weet dat julle eerlik is; laat een van julle broers by my en vat kos vir die hongersnood van julle huise en gaan,
34 bring julle jongste broer na my toe; so sal ek weet dat julle nie spioene is nie. As julle eerlik is, sal ek julle broer aan julle teruggee en julle mag in die land handel dryf.’
35 Dit het gebeur dat, soos hulle hulle sakke leegmaak, let op, elke man se bondeltjie geld in sy sak was! Toe hulle en hul vader die bondeltjies geld sien, was hulle bevrees.
36 Ya’akov, hulle vader, sê vir hulle: “Julle het my kinderloos gemaak. Yosef is nie, Shim’on is nie en Binyamin wil julle wegvat! Al hierdie dinge is teen my!”
37 Re’uven praat met sy vader en sê: “Maak my twee seuns dood as ek hom nie na u toe terugbring nie. Vertrou hom toe aan my hande en ék sal hom na u toe terugbring.”
38 Hy sê egter: “My seun sal nie saam met julle afgaan nie, want sy broer is dood en hy het alleen oorgebly. As hy enige iets oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met smart laat afgaan na Sh’ol.