7 Yosef het sy broers gesien en hulle herken, maar het as vreemdeling teenoor hulle opgetree, hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: “Vanwaar het julle gekom?” Hulle antwoord: “Vanaf die land Kena’an om kos te koop.”
8 Yosef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie.
9 Yosef het die drome onthou wat hy aangaande hulle gedroom het en hy sê vir hulle: “Julle is spioene, julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”
10 Hulle het hom geantwoord: “Nee, my meester, maar u diensknegte het gekom om kos te koop.
11 Ons is almal seuns van een man, ons is eerlik; u diensknegte is nie spioene nie.”
12 Hy sê vir hulle: “Nee, maar julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”
13 Hulle antwoord: “U diensknegte is twaalf broers, seuns van een man in die land Kena’an en kyk, die jongste is vandag by ons vader, maar die een is nie meer nie.”