3 Yosef sê vir sy broers: “Ek is Yosef! Leef my vader nog?” Maar sy broers was nie in staat om hom te antwoord nie, want hulle het van binne gebewe oor sy teenwoordigheid.
4 Yosef sê vir sy broers: “Kom nader na my toe.” Hulle het nader gekom. Hy sê: “Ek is julle broer Yosef vir wie julle na Mitzrayim toe verkoop het.
5 Moet egter nie nou spyt wees daaroor nie en laat daar geen kwaad in julle oë wees dat julle my hierheen verkoop het nie, want om lewens te red, het God my voor julle uitgestuur,
6 want daar was reeds hierdie twee jaar hongersnood in die land en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
7 God het my voor julle uitgestuur om julle as ’n oorblyfsel op die aarde te bewaar en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing.
8 Dit was nou nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God en Hy het my ’n vader vir Farao gemaak, meester oor sy hele huis en ’n heerser in die hele Mitzrayim.
9 Maak gou, gaan op na my vader en sê vir hom: ‘So sê u seun Yosef: God het my meester oor die hele Mitzrayim gemaak. Kom af na my toe, moenie versuim nie!