8 Dit was nou nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God en Hy het my ’n vader vir Farao gemaak, meester oor sy hele huis en ’n heerser in die hele Mitzrayim.
9 Maak gou, gaan op na my vader en sê vir hom: ‘So sê u seun Yosef: God het my meester oor die hele Mitzrayim gemaak. Kom af na my toe, moenie versuim nie!
10 U sal in die land Goshen bly en sal naby my wees, u, u kinders, u kindskinders, u kleinvee, u beeste en alles wat u besit
11 en ek sal u daar versorg sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees.’
12 Let op, julle oë en die oë van my broer, Binyamin, sien dat dit my mond is wat met julle praat.
13 Julle sal my vader vertel van al my eer en oorvloed in Mitzrayim en van alles wat julle gesien het en julle sal gou maak en my vader afbring hierheen.”
14 Hy het sy broer Binyamin om die nek geval en gehuil en Binyamin het op sy nek gehuil.