25 Hierdie was die seuns van Bilhah wat Lavan aan sy dogter Ragel gegee het. Sy het geboorte gegee aan hulle vir Ya’akov, almal saam sewe lewens.
26 Al die lewens wat saam met Ya’akov na Mitzrayim gegaan het en uit sy lendene voortgekom het, behalwe vir die vroue van die seuns van Ya’akov, was almal saam ses en sestig lewens.
27 Die seuns van Yosef wat vir hom in Mitzrayim gebore is, was twee. Al die lewens van die huis van Ya’akov wat in Mitzrayim ingekom het, was sewentig.Hand 7:14
28 Hy het Y’hudah voor hom uitgestuur na Yosef sodat dié voor hom uit die pad moes wys na Goshen en hulle het in die land Goshen aangekom.
29 Yosef het sy strydwa voorberei en opgegaan na Goshen om sy vader Yisra’el te ontmoet. Hy het homself voor hom gestel, hom om sy nek geval en lank op sy nek gehuil.
30 Yisra’el sê vir Yosef: “Laat my nou sterf aangesien ek jou gesig gesien het en dat jy nog leef!”
31 Yosef het vir sy broers en die huis van sy vader gesê: “Ek sal opgaan en aan Farao rapporteer en sê: ‘My broers en die wat in die huis van my vader in die land Kena’an was, het na my toe gekom.