4 Ek sal saam met jou afgaan na Mitzrayim en Ek sal opstaan en jou weer laat terugkom en Yosef sal sy hande op jou oë sit wanneer jy sterf.”
5 Ya’akov het opgestaan vanaf Be’er-Sh’va en die seuns van Yisra’el het hulle vader Ya’akov met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
6 Hulle het hul vee en besittings wat hulle in die land Kena’an bymekaargemaak het gevat en in Mitzrayim gekom, Ya’akov en al sy saad saam met hom.
7 Sy seuns en sy kleinseuns; sy dogters en sy kleindogters en al sy saad het hy saam met hom na Mitzrayim gebring.
8 Dit is die name van die seuns van Yisra’el wat na Mitzrayim gegaan het; Ya’akov en sy seuns. Die eersgeborene van Ya’akov was Re’uven.
9 Die seuns van Re’uven: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi.
10 Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou.