30 in die grot wat in die veld van Makhpelah is, wat voor Mamre lê, in die land Kena’an; die veld wat Avraham van `Efron, die Hettiet, as eiendom vir ’n graf gekoop het.
31 Daar het hulle Avraham en Sarah, sy vrou, begrawe; daar het hulle Yitz’gak en Rivkah, sy vrou begrawe en daar het ek Le’ah begrawe;
32 die veld en die grot wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.”
33 Toe Ya’akov klaar bevele aan sy seuns gegee het, het hy sy voete teruggetrek op die bed en sy asem uitgeblaas en hy is by sy volksgenote byeengebring.