5 Shim’on en Levi is broers. Hulle wapens is implemente van geweld.
6 My wil, emosie, verstand en gees het nie saamgestem met hulle raad nie; ek het my ook nie verlaag om in hulle vergadering te sit nie, want in hulle kwaadwees slaan hulle mans dood en in hulle woede vernietig hulle ’n stadsmuur.
7 Vervloek is hulle woede, want dit is heftig en hulle wraak, want dit is wreed. Ek sal hulle verdeel in Ya’akov en hulle verstrooi in Yisra’el.
8 Y’hudah, jy is die een; jou broers sal jou loof en dank met uitgestrekte hande. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
9 Y’hudah is ’n jong leeu;Open 5:5 van die prooi af het jy opgegaan, my seun. Hy buig af, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?
10 Die staf sal van Y’hudah nie weggaan nie, nóg die wetgewer van tussen sy voete uit totdat die Een kom aan Wie die septer behoort; aan Hom sal die nasies gehoorsaam wees.Yog 5:46
11 Hy maak sy donkie vas aan die wingerdstok en die vul van sy donkie aan die edelste wynstok; Hy bleik sy klere in wyn en sy kledingstukke in die sap van druiwe.