1 Hierdie is die boekrol van die nageslag van Adam. Die dag toe God Adam geskep het, het Hy hom gemaak om te wees soos God.
2 Man en vrou het Hy hulle geskep en hulle geseën en hulle ‘Mens’ genoem, die dag toe hulle geskep is.Mat 19:4; Mar 10:6
3 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, was hy die vader van ’n seun wat was soos hy, sy ewebeeld en hy het hom Shet genoem.
4 Die dae van Adam, ná die geboorte van Shet, was agt honderd jaar en hy het seuns en dogters gehad.
5 Al die dae van Adam, wat hy geleef het, was nege honderd en dertig jaar en hy is dood.
6 Toe Shet honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enosh geword.