1 God het Noag, alles wat lewe en al die vee wat saam met hom in die ark was, onthou en God het ’n wind oor die aarde laat waai sodat die water gesak het.
2 Die fonteine van die diep watermassas en die sluise van die hemel het ook toegegaan en die reën uit die hemel het opgehou.
3 Die water het aanhoudend teruggetrek van die aarde af en die water het verminder aan die einde van honderd en vyftig dae
4 en die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die bergreeks van Ararat gerus.
5 Die water het geleidelik afgeneem tot die tiende maand toe. Op die eerste dag van die tiende maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.